Die Gids Bannier

Program van die week: 26 Mei 2024

Weeklikse Gids

Laai die Gids af

Program van die week:

Sondag 26 Mei
09:00 – Erediens – Masurick van der Walt
09:00 – Kinderkerk in die saal
Ignite (Jeugbediening)
17:00 – Aanddiens
18:00 – Kleingroepe (Gr7-9), Belydenisklas (Gr10-11)
18:30 – ECHO (Engelse diens)
Donderdag 30 Mei
09:30 – Senior Bybelstudie in die Gemeente sentrum


Beroeping

Ds Derick du Toit is op die kerkraadsvergadering van 12 Februarie beroep in ’n kontrakpos vir 3 jaar (na amptelike aftrede). Nadat die gemeente se goedkeuring deur 3 Sondae se aankondigings ontvang is, sal ‘n beroepsbrief aan ds Derick gegee word. Hy het dan 14 dae om skriftelik daarop te antwoord. . Bid asb vir hom vir die Here se leiding in hierdie groot saak.


Potpourri vir die lewe – Konsert vir Seniors

Donderdag oggend 13 Junie 9:30 in die saal.
Kom geniet ‘n heerlike kuier oggend met hope vermaak en heerlike eetgoedjies. Kostes is R20 per persoon.
Kaartjies is beskikbaar by die inligtingstafel of kerkkanoor tot en met 10 Junie.