Die Gids Bannier

Program van die Week: 19 Mei 2024

Weeklikse Gids

Laai die Gids af

Program van die week:

Sondag 19 Mei
09:00 – Pinksterfees (Nagmaal – Gesamentlike diens in die Kerk)
ds Derick du Toit, ds Jeandré Slabbert & Masurick vd Walt.
Teks: Gen. 28:16; Joh. 14:15-31
Die Heilige Gees skakel ons ligte aan!
Ignite (Jeugbediening)
17:00 – Aanddiens
18:00 – Kleingroepe (Gr7-9), Belydenisklas (Gr10-11)
18:30 – ECHO (Engelse diens)
Maandag 20 Mei
19:00 – EK Vergadering
Woensdag 22 Mei
09:30 – Senior Bordspeletjies in die kinderkerk lokaal.
Donderdag 23 Mei
09:30 – Senior Bybelstudie in die Gemeente sentrum


Pinkster 2024

BAIE BAIE Dankie aan elkeen wat Sop gemaak het, broodjies gebring
het, melkkos gemaak het en help bedien het.
Ons waardeer elkeen se hulp!


Potpourri vir die lewe – Konsert vir Seniors

Donderdag oggend 13 Junie 9:30 in die saal.
Kom geniet ‘n heerlike kuier oggend met hope vermaak en heerlike eetgoedjies. Kostes is R20 per persoon.
Kaartjies is beskikbaar by die inligtingstafel of kerkkanoor tot en met 10 Junie.