Weeklikse Gids
Program van die week:
Sondag 02 Junie – Uitreiksondag
09:00 – Erediens – Ds Derick du Toit . 1 Sam 3:1-10 “Padpredekante…..!?”
DOOP: Thomas Janse v Rensburg
09:00 – Kinderkerk in die saal
Kom maak ‘n draai buite by die tafels en kyk waar jy betrokke kan raak.
Ignite (Jeugbediening) – Uitreik na Jakaranda Kinderhuis.
16:00 – Sokker & Volleyball langs huis 15
17:00 – Aanddiens in die kinderhuis saal, ALMAL welkom, geen kleingroepies en Belydenisklas nie.
18:30 – ECHO (Engelse diens)
Dinsdag 4 Junie
19:00 – FK Vergadering
Woensdag 5 Junie
09:30 – Senior bordspeletjies
Donderdag 06 Junie
09:30 – Senior Bybelstudie in die Gemeente sentrum
Vrydag 7 Junie
18:30 – Pik & Proe (Gustu aand)
Beroeping
Ds Derick du Toit is op die kerkraadsvergadering van 12 Februarie beroep in ’n kontrakpos vir 3 jaar (na amptelike aftrede). Nadat die gemeente se goedkeuring deur 3 Sondae se aankondigings ontvang is, sal ‘n beroepsbrief aan ds Derick gegee word. Hy het dan 14 dae om skriftelik daarop te antwoord. . Bid asb vir hom vir die Here se leiding in hierdie groot saak.
Potpourri vir die lewe – Konsert vir Seniors
Donderdag oggend 13 Junie 9:30 in die saal.
Kom geniet ‘n heerlike kuier oggend met hope vermaak en heerlike eetgoedjies. Kostes is R20 per persoon.
Kaartjies is beskikbaar by die inligtingstafel of kerkkantoor
7 Junie Pik en Proe (Gustu) aand
Hierdie beloof om ‘n heerlike aand te wees. Eetgoed van verskeie lande, ligte musiek en lekker kuier. Almal is welkom!
Kaartjies kos R80 per persoon, en R40 per Laerskoolkind wat die Pik en Proe gaan bywoon.
Kaartjies is beskikbaar by die inligtingstafel &kerkkantoor voor 3 Junie. (ons moet ons getalle finaliseer om voldoende beplanning te doen)
(GRATIS Oppasdiens vir die kinders 2-10 jaar sal in die konsistorie wees met ‘n oulike fliek, en bietjie eet – en drinkgoed).
Daar is slegs 30 kaartjies nog beskikbaar, so spring gou om jou plek te verseker!!