Sondag 08 Februarie
09:00 Erediens: Ds. Jaco Strydom
Teks: Matt 25:35-40
Radikale Gasvryheid – week 3
09:00 Erediens: Ignite Kidz (2jaar—Gr 6).
17:00 Ignite Aanddiens.
Ignite Jeugselle (Gr7-11) na die aanddiens.
18:30 Echo – diens.
Maandag 9 Februarie
18:00 FK Begrotingsvergadering .
Dinsdag 10 Februarie
19:00 Sosiale komitee vergadering.
Woensdag 11 Februarie
09:30 Senior Bordspeletjies.
Donderdag 12 Februarie
09:30 Senior Bybelstudie in die Gemeentesentrum.

Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
Nuwe Lidmate: Verwelkomings Tee: Sondag 15 Februarie
Verwelkomings Tee: Sondag 15 Februarie (na die erediens). Alle nuwe lidmate sal gekontak en uitgenodig word na die tee toe. Indien u nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, maar steeds wil bywoon, kontak asb die kerkkantoor dat ons die getalle kan vasmaak voor 10 Februarie.
Alle nuwe lidmate is baie welkom.
Welkom NUwe Lidmate
Baie welkom aan alle besoekers. Indien jul lidmate van ons gemeente wil word, stuur asb ’n epos na ngvillieria@gmail.com of besoek die inligtingstafel na die diens. Baie welkom aan die die nuwe lidmate wie se attestate ontvang is van hul vorige Gemeente. Skakel gerus in by ons bedieninge. Is jy nuut by ons? Het jy behoefte dat iemand bietjie saam met jou kuier? Drink asb uit ‘n BLOU BEKER na die erediens, dan kan ons sien wie is lus vir ‘n geselsie.
Ignite Ouers

Ignite – OUERS Whatsapp groep.
Indien jy op die Ignite groep se whatsapp lys wil wees, om seker te maak jy of jou kind mis niks nuus nie,
scan asb die QR code om aan te sluit
NG Villieria Gemeentekamp (13 – 15 Maart 2026)
Daar is nog plekkies oop. Indien jy nog wil gaan saam kamp, kontak die kerkkantoor vir meer info. Baie dankie aan almal wat reeds bespreek en betaal het,ons is tans 49 gesinne wat gaan kamp!
