Laai hier die volledige weeklikse Gids af
Sondag 01 Februarie
09:00 Erediens: Ds. Anru Liebenberg
Teks: Johannes 13:1-17
Radikale Gasvryheid – week 2
09:00 Erediens: Ignite Kidz (2jaar—Gr 6).
17:00 Ignite Aanddiens.
Ignite Jeugselle (Gr7-11) na die aanddiens.
18:30 Echo – diens.
Woensdag 04 Februarie
09:30 Senior Bordspeletjies.
Donderdag 05 Februarie
09:30 Senior Bybelstudie in die Gemeentesentrum.

Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
Nuwe Lidmate: Verwelkomings Tee: Sondag 15 Februarie
Verwelkomings Tee: Sondag 15 Februarie (na die erediens). Alle nuwe lidmate sal gekontak en uitgenodig word na die tee toe. Indien u nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, maar steeds wil bywoon, kontak asb die kerkkantoor dat ons die getalle kan vasmaak voor 10 Februarie.
Alle nuwe lidmate is baie welkom.
Welkom NUwe Lidmate
Baie welkom aan alle besoekers. Indien jul lidmate van ons gemeente wil word, stuur asb ’n epos na ngvillieria@gmail.com of besoek die inligtingstafel na die diens. Baie welkom aan die die nuwe lidmate wie se attestate ontvang is van hul vorige Gemeente. Skakel gerus in by ons bedieninge. Is jy nuut by ons? Het jy behoefte dat iemand bietjie saam met jou kuier? Drink asb uit ‘n BLOU BEKER na die erediens, dan kan ons sien wie is lus vir ‘n geselsie.
Ignite Ouers

Ignite – OUERS Whatsapp groep.
Indien jy op die Ignite groep se whatsapp lys wil wees, om seker te maak jy of jou kind mis niks nuus nie,
scan asb die QR code om aan te sluit
NG Villieria Gemeentekamp (13 – 15 Maart 2026)
Daar is nog plekkies oop. Indien jy nog wil gaan saam kamp, kontak die kerkkantoor vir meer info. Baie dankie aan almal wat reeds bespreek en betaal het,ons is tans 49 gesinne wat gaan kamp!

Ons volg E-kerk van Prof. Stephan Joubert se “Bybelskool” – eUni. eUni is vir gewone mense, wat ‘n buitengewone passie het om die Bybel beter te verstaan. eUni is ‘n aanlynonderrigplaorm, wat uit ‘n verskeidenheid modules bestaan, wat deelnemers toelaat om teen hul eie tempo te leer. KWARTAAL 1 se tema is: Op reis deur die Johannes Evangelie eUni kos R200 p/p per kwartaal as ons as ’n groep inskryf. (Normale prys is R400 p/p)
Dit bestaan uit 4 seminare wat elk 4 sessies bevat. (Meer inligting op E-kerk se webblad.) Betaal in die gemeente se rekening met verwysing Bskool + jou naam. NG Villieria. ABSA Tjekrekening 50580660. Tak 632005.
Jy kan op jou eie of as deel van die groep na die video’s kyk.
Die groep kom Donderdagaande 18:30 bymekaar. Ons begin 5 Feb om 18:30. Elke 2de week. Die skakel vir die kwartaal se video’s sal dan beskikbaar gemaak word. Vir enige navrae skakel met Ds. Anru Liebenberg 083 469 6783