Weeklikse GiDS
Program van die week: 30 November 2025
Sondag 30 November
09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg (Nagmaal)
17:30 Kerssangdiens.
Kalenders vir 2026 is beskikbaar by die deure. Neem gerus een per gesin.
Woensdag 3 Desember
09:30 Senior Bordspeletjies
Donderdag 4 Desember
09:30 Senior Bybelstudie – Afsluiting van die jaar.
belangrike datums:
30 November – Nagmaal (09:00) & Kerssangdiens (17:30)
Bybel projek
BYBELS: Indien jy enige Bybels het wat geskenk kan word vir mense wat nie het nie, bring dit asb na die ingangsportaal toe en los dit daar. Indien jy ‘n Bybel nodig het of aan iemand wil uitdeel, neem gerus een in die ingangsportaal. Daar is Bybels in ander tale beskikbaar, gaan kyk gerus en versprei die woord .
Borg ‘n boks Benodigdhede
Stampmielies, rys, pasta, bone, lensies, suiker, bruismeel.
Koffie, tee, langlewe melk.
Blikkies vleis & blikkies groente.
Speserye & Souse, Grondboontjiebotter en konfyt.
Toiletware – Seep, spuitgoed, waslap, toitetpapier, lyfroom, tandepasta en tandeborsels, sjampoo, sanitêre ware.
Bederfie vir kersfees soos koekies of lekkergoed of blikkies vrugte en jelliepoeier.
Ds Derick du Toit

NG Villieria Gemeentekamp
13 – 15 Maart 2026
Kom geniet ‘n heerlike naweek saam met ons by Bush ‘n Buck Private Game Farm (90km vanaf die kerk – uit op die Beestekraal pad).
Kom gee asb jou naam op by die inligtingstafel of by die kerkkantoor as jy jou plekkie wil bespreek!
Program: Vrydag is almal rustig op hul eie… Saterdag oggend het ons ‘n lekker ken-mekaar geleentheid, en braai as Gemeente saam die Saterdagaand (vure, brode en slaaie word verskaf, almal bring hul eie vleis, drinkgoed en eetgerei). Sondag oggend hou ons ‘n buitelug kerkdiens voor almal weer vertrek huistoe. Die res van die naweek kuier almal saam met hul gesinne / vriende en nuwe kennisse.
Die kostes hier onder is vir die naweek se verblyf.
Kampeer / Karavaan (Gedeelde Ablusies) = R1 350 (5 mense per staanplek)
Los kamer = R1 450 (slaap 2 – Dubbelbed, Deel ablusie met ander kamers)
50% Deposito betaalbaar teen einde November, en die uitstaande bedrag teen einde Januarie 2026.
Betaal asb in die Kerk se rekening, maar ONTHOU om jou naam en “Kamp”
as verwysing op te sit! (epos bewys van betaling aan ngvillieria@gmail.com)