ROEPING STELLING
NG Villieria wil ‘n hand van liefde en hoop wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Ons glo ons is geroep om ‘n OMGEEKERK te wees. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons besonderlik wil gebruik om mense in nood raak te sien en te help. Ons rol is om mense te help om deel van die oplossings te word. Ons wil saam met ander die uitdagings van ons tyd aanspreek en uitreik en aanraak waar mense liefde en hoop nodig het. Ons nooi almal wat God se liefde beleef het om saam met ons op God se reis te gaan.Hier is almal welkom want ons glo God se hart is oop en het plek vir almal. Ons is ‘n NG Kerk wat in ons eie unieke situasie die verskeidenheid mense wat ons pad kruis wil bedien en wil deel maak van God se familie. Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons glo God kan ons as die plaaslike gemeente gebruik om Sy antwoord vir Villieria en die wêreld te wees.

Die gids Die Gids vir die week Program van die week: Sondag 6 Augustus09:00 Erediens – Ds. Jaco Strydom09:00 Kinderkerk – in die saal17:00 Alternatewe aanddiens18:00 Ignite – Jeug kleingroepies en Belydenisklas (Gr7-11)18:30 ECHO (Engelse diens)Donderdag 10 Agustus09:30 Senior Bybelstudie in die Gemeente sentrum “Here, leer ons bid?” 40 dae reeks oor die Onse Vader.6…
Die Gids Laai die gids af Sondag 12 April:09:00 Elektroniese boodskap – Ds. Derick du Toit Neem asb deel aan die projek om geld in te samel vir die BybelgenootskapAlle eredienste en byeenkomste is gekanselleer to verdere kennisgewing na die “Inperking”. Preke en kommunikasie sal deur die webblad en Whatsapp groepe gedeel word. Indien jy…

