Weeklikse Gids
Program van die week:
Sondag 14 April
09:00 – Erediens – Ds. Jeandre Slabbert – Teks: Lukas 19:1-10
TEMA: Ek verlang na u.
09:00 – Kinderkerk in die saal
Ignite (Jeugbediening)
17:00 – Aanddiens – Stefani Jacobs
18:00 – Kleingroepe (Gr7-9), Belydenisklas (Gr10-11)
18:30 – ECHO (Engelse diens)
Woensdag 17 April
09:30 – Bordspeletjies in die kinderkerk lokaal – kom speel saam.
Donderdag 18 April
09:30 – Senior Bybelstudie in die Gemeente sentrum
18:30 – E-Bybelskool in die saal
Teeskink hulp
Ons wil graag elke Sondag na die Erediens lekker saam kuier met ‘n koppie koffie/ tee. Hulp word egter benodig om dit moontlik te maak… Sou jy bereid wees om drie keer per jaar hiermee te help, gee asb jou naam op by die inligtingstafel of by die kerkkantoor. As jy in ‘n selgroep is, kan julle as groep saam skink op ‘n Sondag. Jou hulp sal opreg waardeer word. Teeskink groepe bestaan gewoonlik uit so 4-5 persone per sondag en is ook ‘n lekker plek om nuwe mense te leer ken.