Sondag 21 Junie – Vadersdag
09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg
09:00 Ignite Kidz – In die saal.
17:30 Ignite Jeugselle (Gr7-11) voor die gesamentlike diens
18:00 Ignite & Echo – gesamentlike diens.
Maandag 22 Junie – Kerkraadsvergadering
Woensdag 24 Junie – 09:30 Senior Bordspeletjies.
Donderdag 25 Junie
09:30 Afsluiting vir die kwartaal: Senior Bybelstudie
Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
Beroep
Ds. Surina van der Berg is op 7 Junie na Villieria beroep.
Bid asb. saam met haar en Diederick vir duidelike leiding hieroor.
Hulle sal DV 28 Junie antwoord op die beroep.
NUWE lIDMATE:
Baie welkom aan alle besoekers. Indien jul lidmate van ons gemeente wil word, stuur asb ’n epos na ngvillieria@gmail.com of besoek die inligtingstafel na die diens
Bybels
Daar is gratis Bybels in die ingangsportale vd kerk beskikbaar. Neem gerus een en gee dit aan iemand wat een soek. Bring asb ook jou “ekstra” Bybels wat jy wil skenk en sit dit daar neer.

