Laai die volledige Gids hier af
Sondag 10 Mei
09:00 Erediens: Ds Anru Liebenberg
(Teks: 1 Pet. 3:13-22)
09:00 Ignite Kidz (2jaar—Gr 6).
17:00 Ignite Aanddiens.
Ignite Jeugselle (Gr7-11) na die aanddiens.
18:30 Echo – diens.
Maandag 11 Mei – 19:00 FK Vergadering
Woensdag 13 Mei – 09:30 Senior Bordspeletjies.
Donderdag 14 Mei – 09:30 Senior Bybelstudie in die Gemeentesentrum

Lees hier hoe om ‘n skakel na die NGV web op u foon se tuisskerm te sit
Super Senior Bediening
Ons wil graag aan al ons lidmate bo 80 ’n vrywillige vriend toeken. Hierdie vrywillige vriend maak nou en dan kontak, gaan koffie drink en laat weet ons as daar dringende behoefte is.
Ons het jou nodig! As jy geroepe voel om deel te word van hierdie groep, kontak vir Anru (083 469 6783), of die kerkkantoor.
Pinkster: 17 -21 Mei
Tema: ‘n Geesvervulde lewe gewortel in Christus
Predikant: Pieter Wessels (Moreleta Kerk)
Tye: Sondag 17 Mei 09:00 / 18 to 21 Mei : 18:30
SOP:
Elke jaar tydens Pinkster word daar sop en broodjies geniet na die aanddiens. (Woensdag is dit melkkos / sop). Ons benodig asb mense om sop te maak of broodjies te bring. As jy kan help, Kom sit jou naam op by die inligtingsrafel na die diens, of Whatsapp jou naam,
tipe sop en datum wat jy dit kan bring na 072 746 1993.
NG VILLIERIA WINTERMARK & POTJIEKOSKOMPETISIE
SATERDAG 30 MEI 2026 · WINTERMARK: 09:00 – 14:00
Stalletjies kos R100. Kom bespreek jou stalletjie by die inligtingstafel of kerkkantoor. Bring jou eie gazebo, tafel en stoel en verkoop jou oulike goedjies!
POTJIEKOSKOMPETISIE: (Beoordeling van potte vind plaas 17:00-17:30 Die ete begin 18:00) Inskrywing is gratis! Kom skryf jouself, vriende of selgroep in by die inligtingstafel of kerkkantoor. Die pot moet genoeg wees vir 10 – 12 mense. Potmakers onvang ‘n begrote bedrag vir aankope (dit sal later bespreek word). Bykos soos stysel en slaai word voorsien op die dag.
POTJIEKOS ETE – KAARTJIES: R120 Per persoon. Kinders onder 12 is gratis. Kom koop jou kaartjies vroegtydig by die kerkkantoor of inligtingstafel. (Laat weet asb hoeveel kleiner kinders gaan bywoon sodat ons genoeg plek vir hulle ook dek)
GASVROUENS VIR DIE ETE-TAFELS:
Ons benodig nog 4 gasvrouens wat elk ‘n tafel vir 10 mense wil dek en versier. (die tema vir jou tafel sal vir jou gegee word wanneer jy jou naam opsit). Elke gasvrou ontvang ‘n begrote bedrag vir aankope. Jy hoef nie self die 10 kaartjies te verkoop nie, kaartjies word verkoop deur die kerkkantoor. Daar is ‘n prys vir die bes-gedekte tafel, so wees kreatief! Skenk asb die wit olifante in jou huis om verkoop te word by die Wintermark!! Bring dit kerkkantoor toe, of sit dit in die klein moederskamer in die kerk op Sondae. Alle wins uit die wit olifant – verkope gaan vir die IGNITE – fonds.
Aandag alle jagters
Die jagseisoen is hier, en ons kosprojek vrieskas is leeg. Ons sal enige wildsvleis waardeer sodat ons ons roeping van ‘n hand van liefde en hoop kan uitleef na behoeftige gesinne toe. Maalvleis en wors werk die beste vir ons doeleindes, verkieslik in 1kg pakkies.
Dankie, jou jagskenking maak ‘n groot verskil!”