
Anru Liebenberg is vanaf 2025 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Danél; ‘n skoolmaatskaplike werker en spelterapeut. Hulle het ‘n seuntjie, Ruach (4), en dogtertjie, Anneh (2). Anru se gesin is sy rykdom en spandeer graag tyd saam met hulle. Hy hou daarvan om sy kop skoon te kry deur te draf. Musiek en aanbidding is ook vir hom ‘n groot belangstelling. Dit verskaf vir hom baie energie wanneer mense hulle roeping ontdek en uitleef en het ook ‘n liefde vir jongmense en gesinne.