Effektiewe Ouerskap 3 - Verhouding met Ander
EFFEKTIEWE OUERSKAP 3 – Verhouding met NB ANDER
(DEF)
Om Kinders se VERHOUDINGS te BEÏNVLOED met:
1. God
2. Ouers
3. Belangrike ander in hul lewens...
Hoe kan ek op élke verhouding méér invloed hê en meer invloed behou.
Ouers: “Jy het die heel beste geleentheid en grootste verantwoordelikheid om jou kind se lewensrigting te BEÏNVLOED.” > Effektiefste manier = beïnvloeding van hul verhoudings
Héél mense = VERHOUDINGS-RYK in die 3 Kernverhoudings (God; ouers; NB ander mense)
Spr 13:20 Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.
☻ EK Wens baie keer ek kan my kinders se besluite vir hulle neem...., maar ek kan nie...
☻ Ek wens ek kon hulle meer beheer....., en kontroleer....., maar ek kan nie.
Daar is ANDER BELANGRIKE MENSE in hul lewens wat deel van hul besluitneming is en wat meer beheer as ek, as ouer, op hulle het.... (NB Hang baie af van die spesifieke lewensfase...)
- Kan jou kind alles vir jou vertel...? As jy die reëls maak. Dan kan hy jou mos nie alles vertel nie...
- Hulle hét ander mense nodig met wie hulle alles kan bespreek.
- Aanvaar daar’s ander wat méér beheer het as ek.... NB maar ek kan ’n invloed hê op wie hulle is
Spreuke - King James Bible “He that walketh with wise men shall be wise: but a companion of fools shall be destroyed...”
“’n Mens se vriende sal die rigting en kwaliteit van jou lewe beïnvloed”
Wat kan ek doen om die mense te beïnvloed wat ’n invloed op my kinders het...?
1) Bid: “Here, wie is die mense wat ’n invloed op my kinders het?” Volwassenes en ander jongmense.
2) NIÉ hoe kan ek hulle weg hou van alle ander mense nie.... (bure; skole; bose ander nie) Kán nie in ’n klooster of kluis sit nie..
3) Hoe en wie kan ek in hul lewens inbring, hulle aan blootstel wat hul positief gaan beïnvloed. Vorm ‘n positiewe drukgroep...!
GEHEIM: (Effektiewe ouerskap) Beïnvloed die wat jou kinders kan beheer en beïnvloed.
• Weet jy wie die mense is wat ’n invloed kán hê?
• Bou ’n verhouding met die beïnvloeders in jou kind se lewe....
• Bring mense wat ’n positiewe invloed kan hê in kontak met hulle... > Manipuleer dit positief... NB Vanuit jou goeie verhouding (1ste en ook voorwaarde) met jou kind...
NB Bewustelik of onbewus... is almal besig daarmee.... > Doen baie meer konstruktiewe, doelgerigte moeite daarmee...
NB Effektiewe ouerskap is om seker te maak, my kind is:
• gekonnekteer met God;
• gekonnekteer met ons;
• gekonnekteer met wyse mense, buite ons huis....
Soms is die rolmodelle binne die huis of die familie.... Maar daar is méér daar buite as hier binne... Aanvaar dit...
PRAKTIES : Wie is die ANDER beïnvloeders
-
Vriende
Spr 18:24 Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer.
Spr 17:17 Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken;
Spr 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.
Die rol wat vriende speel .... is baie groter as wat ’n kind self besef en wat jy as ouer wil besef
Ouers is baie naïef....
Groepsdruk is nie nuwe nuus nie... NB Wat doen ek en jy met ons kind se groepsdruk...?
- Veg dit OF gebruik die energie...?
Jy gaan verloor as jy dit veg.... > Verhoudinge vertroebel...
Jy gaan groot wen as jy dit positief inspan... > Verhoudinge bou + positief groei
Om “ín” te wees... is lewensbelangrik vir jou kind....
- Aanvaar dit = NB Beginsel = Raak betrokke by soveel moontlik goeters waar jy invloed kan hê op jou kind se vriende...
2. Onderwysers
1) Wat is jou persepsie oor onderwysers...?
2) Hoe hanteer ek persberigte oor onderwys ...?
3) Hoe praat jy van die onderwysers voor kinders... en hoe werk jy saam met hulle...?
4) Weet jou kind dat jy en die onderwysers een span is in hulle ontwikkeling?
5) As kinders van die onderwysers se foute en dinge praat – hoe hanteer jy dit?
6) Dissipline is ’n spanpoging; ek = Deel van die oplossing of deel van die probleem
7) Voorbeeld: Maandag: onderwyser wat ouer bel oor Gr 10 seun Wat sou jy doen...?
8) Ons ís nog baie gelukkig... in ons omgewing – keuse tussen wonderlike skole
Waarin baie uitdagings is....!
Ons moet as span saamwerk ....
Wees asb. betrokke... positief, ondersteunend en opbouend betrokke ...
3. Jeugleiers + Jeugwerker
1) Kinderkerk = omtrent 30 mense wat fokus op ons kinders
2) Jeugselle = Positiewe christen jongmense... Rolmodelle vir tieners
Asb. Werk saam met hulle... Ontmoet hulle... Ondersteun hulle
4. Afrigters : sport, musiek, drama
1) Hoe hanteer jy jou kind se prestasie en mislukkings in ’n sport-mal wêreld...?
2) Spankeuses en afrigtingsmetodes...!?
3) Hoe NB laat jy die rol van die sport in jou huis word....?
- Is dit lewensles – geleenthede...?
- Verhoudingsbou – geleenthede...?
- OF.... nie...?
DIE NB ANDER in MY KIND se lewe – Hierdie 4 is maklik identifiseerbaar en ek kán dit beïnvloed
- Daar is ook onsigbare "Ander Ander" ... Wat doen ek met hulle...?
- TV, internet, mixit; Facebook; ens.
- 2 breë groepe argumente:
1) Behou kontrole en beheer so lank en so veel as moontlik...
2) Beïnvloed die 3 NBste verhoudings só dat jou kind in ’n veilige vangnet is... (Dis groter as jou huisreëls en wette...) Sodat die verhoudings met God; jou en die ander só sterk positiewe drukgroep word dat hy/sy hierdie “Ander, Ander..” kan beheer... en bestuur...
- Persoonlik kies ek vir die laaste opsie... Ek is oortuig dit werk beter... en is effektiewer as die “Beheer en Kontrole-opsie...”
- Ek dink jy bereik meer deur met jou kind se maats se ouers se norme en waardes skouer te skuur as om jou kind later teen negatiewe groepsdruk en versoekings te probeer manipuleer...
Natuurlik moet jou kind duidelik weet wat jou norme en waardes is...
Dit sal hy/sy mos uit jul goeie verhouding met hom in jou lewe kan aflees...!?
EFFEKTIEWE OUERSKAP = Maksimale beïnvloeding van jou kind se verhoudings
Baie sterkte... Skakel gerus as jy oor iets wil gesels
Derick du Toit
0829580473
derick@ngv.co.za
- Add new comment
- 472 reads