Effektiewe Ouerskap 2 - Verhouding met Ouers
EFFEKTIEWE OUERSKAP 2 – Ouer-invloed op kinders se verhouding met Ouers
Effektiewe ouerskap, is dit moontlik...? (Ouerskapreeks oor 3 weke)
(Hoof bron: Andy Stanley en Reggie Joiner hanteer in hul reeks : Parental Guidance > Hoe kan ouers ’n positiewe invloed op die lewens van hul kinders hê..?)
OM INVLOED TE HÊ = EFFEKTIEWE OUERSKAP
Ouers: “Jy het die heel beste geleentheid en grootste verantwoordelikheid om jou kind se lewensrigting te BEÏNVLOED.”
Hierdie is nié net vir mense met kinders nie. Ook vir : kinders; oupas + oumas; alle volwassenes; jeugleiers... Dink goed oor: 1) Jou invloed op ander EN 2) Die invloed wat jy dalk gemis het...
(Sien ook Effektiewe Ouerskap 1)
RESULTAAT van huidige opvoedingskultuur = Ervaring-ryk kinders MAAR verhoudings-arm kinders
Ouers se rolle word ál meer > voorsieners; kitsmasjiene...!!! té besig... + afwesige ouers
> Eintlike rolle = beïnvloeders, rolmodelle, begeleiers.
NB Die heel beste wat jy vir jou kind kán gee is om verhouding-ryk te word.
Pas toe op alle ouderdomme + waar verhoudings nie goed loop.... Hoop jy sal hier raad kry.
VERHOUDINGS-RYK in die 3 Kernverhoudings wat bepaal wie ek is. (God; ouers; NB ander mense)
NB - 1 Daar is niemand wat ’n groter invloed op die 3 verhoudings kan hê as ek, die ouer / voog nie ... Doopbelofte = Aanvaarding as die hoof-beïnvloeder in kind se lewens
☻ Nie oordraagbaar nie, jy kan en moet ander betrek
☻ Kan nie jou verantwoordelikheid verkoop of verruil nie...
☻ Jý en ek as ouer is die 1ste linie, grootste rolspeler.
Ek beïnvloed my kind se verhoudinge met:
1. GOD – (Verlede week)
Verlede week - Ps. 37 : “Laat lewe oor.... Hy sál sorg...” lewe in geloof
Rom 8 > Perspektief waarmee jy jou kind moet groot maak
:31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
:32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
> Níks kan ons skei van Sy liefde nie.
Beïnvloed hulle deur jou eie verhouding met God > Leef só dat hulle kan glo dat Hy wáárlik God is....!!!
2. VERHOUDING MET OUERS
Vandag se onderwerp > Hoe kan ek die verhouding wat my kind met my het beïnvloed...?
☻ Die verhouding wat eintlik die deur oop of toe maak vir invloed op die ander 2 betekenisvolle verhoudings....!?
3. VERHOUDING MET ANDER MENSE
> Volgende week
EFFEKTIEWE OUERS stel hul verhouding met hul kinders bo alles....!!!
Ons kan God IN- of UIT- meng in ons kinders se lewens.... só NB is ons verhouding met kinders
Verlede week gesê: ons verhouding met God laat hulle God glo en die Bybel ’n rol in hul lewens speel.... OF NIE....
☻ Watter rol speel God / Bybel en gebed...? (vang hulle jou ooit... met die Bybel of bid?)
☻ Hoe NB is God...?
☻ Jy beïnvloed hulle.... NB Moenie dink jy kan neutraal bly nie...!
Maar die diepte van jou verhouding = aan die beïnvloeding wat jy kan hê...
Luk 15 – verlore seun > :17 onthou sy pa > “Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa .... ”
> Genoeg betydse beïnvloeding sal jou kind : “Laat onthou...”
Efes 6:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
Kol 3:21 “Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.”
> Wat die gebeur in die meeste gesprekke tussen pa’s en kinders? > kritiek en baklei
- NB (beginsel) Ouers, ons moet ons kinders minder probeer beheer en kontroleer... (Kol 3 - fout soek)
- Ons taak is beïnvloeding = NB verskil...
Aanvanklik is hulle soos klei...
• Babas – sit, lê, doeke ruil, kos, ens. (soos ons wil)
• Ons grootte en posisie as ouer oorheers...
• NB dit moet skuif na invloed....
o As beheer + kontrole nie skuif na invloed nie - verloor ons invloed want verhouding kry seer...
o Beheer en kontrole is op die lang duur erosie vir verhouding.....!!!
• Die versoeking is om te manipuleer met geld en gunsies.... (bv. mag kar bestuur as...; werk om uit te kan gaan; omkopery = gevaarlike speletjie)
• Invloed is die nodigste by die groot besluite – met wie om uit te gaan; beroepskeuses; huwelik; opvoeding van hulle kinders.... > dan is posisie en grootte lankal verby....!!??
• Behou beïnvloeding ....!!! Ek wil sê ten álle koste.....
• Van kleins af begin om oor te skuif van beheer na beïnvloeding = lewensproses. Begin eerder gouer as later... Bou VERTROUE en VERHOUDING
Asb. NB jy is nie ’n effektiewe ouer as jy kan spog by die vriende en familie oor jou beheer oor jou kinders se denke en lewens nie...!!! Ek weet dis nie ’n gewilde stelling in ons kultuur nie.... MAAR ek glo met my hele hart dat Kol en Efes dít wil sê.
• JOU DOEL, as ouer, is méér invloed en invloed vir áltyd...!!!
Luk 15:17 "Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa ......”
> Sal jy nog in jou kind se denkraamwerk wees as hy verdwaal en tot inkeer kom...?
Twee NB redes hoekom die verhouding so NB is:
a) Wanneer dit saak maak gaan die kwaliteit van jul verhouding bepaal watter invloed jy in sy keuses gaan hê.
b) Jou verhouding bepaal en beïnvloed hul toekomstige verhoudings...
• Jou verhouding maak hulle emosioneel gesond vir hul toekoms .... of nié...!!!
• Die NBste faktor in hul huweliksverhouding....
• Ek pleit vir positiewe rolmodelle vir ons kinders.... Asb.!!!
Wat kan ek doen om die verhouding te versterk teen die erosie van die lewe...?
Jou grootste belegging nou in jou kind se lewe is jou verhouding met jou kind.... Oneindig meer werd as alles wat jy kan koop of gee of laat ervaar.
A - Wat vat dit om ’n goeie verhouding te hê...?
1) Hulle wil voel hul word aanvaar
• As hulle konstant verwerping en kritiek beleef = Jul verhouding in ’n krisis... (Kol 3)
• Hulle moet massas aanvaarding en lof en bewondering van jou kry...!!
2) Hulle wil jou tyd hê
• ’n Kind wil kwantiteit kwaliteit tyd kry
• Nie net 6 goeie balle boul nie....
• Mors jou tyd met jou kind....
• Gemiddelde kommunikasie tussen veral pa’s en kinders is – minder as 5 min. per dag...!!!
B - Hoe wen jy verlore grond...?
(Stuur wenke in kantoor toe; webblad; Omgeeselle bespreek dit, asb.)
Hoe gaan jy terugkry wat verloor is? As verhouding verbrokkel het... (NB dis nie gewaarborg, dit hang van jou kind af)
Wat kan ek NOU doen (Geld vir versk.e fases)
1) Dien jou pad terug (maak dalk nie vir jou sin nie.... moeilikste pad maar grootste kans....)
• "Ek doen dit dan al vir 18 jaar...!!!" Ja, maar nou meer as ooit.
• Is nie 'n kitsresep nie....
• Al is daar nie nóú resultate ... Doen NOU strategiese beleggings; dis die beste wat jy nou kan doen.....
• Selfsugtig...! T.w.v. my ... oudag (verduidelik)
2) Weet waar hulle is en wat hulle vandag doen.... Gee om.... Dagboekie in sak oor jou kinders se programme... NB Laat hulle net glo hulle is NB vir jou.
3) Skep intiemer dieper verhoudinge
Dieper (1 - 7) is meer vertroue + meer invloed
1) Groet mekaar – “hoe gaan dit?”
2) Deel feite en inligting
3) Deel opinies met mekaar
4) Deel wense / hoop / positiewe ervaringe
5) Deel vrese
6) Deel mislukkings + swakhede
7) Vertrou mekaar met emosies en alles
• Oud of jonk ; ek as 51 jarige kind van my Ma; Pa van my tiener en volwasse kinders
• Meestal net tot by vlak 3
• Die meeste huwelike net tot by vlak 3 Begin dáár regmaak...
• Neem die inisiatief – jy kind of ouer, begin om te deel; gaan drink koffie
• Moenie kind dwing nie .... begin deur jou eie vrese te deel... swakhede, emosies...
• Persoonlikhede verskil... Almal kan groei daarin.
• Moenie dadelik resultate verwag nie... Begin net... Dalk neem dit jare
• Dalk word jyself meer heel en groei jy meer....
• 1ste plek om in dieper verhouding MET GOD te leef
• Demonstreer dat jou huis die veiligste plek in hele wêreld is... Vertrou mekaar ín jul huis. Begin jy daarmee, dalk glo hulle dit na jare...
EFFEKTIEWE OUERSKAP = Maksimale beïnvloeding van jou kind se verhouding met jou as ouer...
Seen daarmee...!!!
- Add new comment
- 545 reads