You are hereForums / Preke / Effektiewe Ouerskap 1 - Verhouding met God

Effektiewe Ouerskap 1 - Verhouding met God


By Derick du Toit - Posted on 27 July 2010

EFFEKTIEWE OUERSKAP 1 – Ouer-invloed op kinders se verhouding met God

Baie gesinne is só vol grense tussen mekaar = doolhof.

☻ Daar is 3 NB verhoudings waarin ons kinders staan. > Met God; met ons en met NB ander belangrike mense in hul lewens.
☻ Die vraag ontstaan - Hoe kan ek, as ouer /  voog, wat élke verhouding betref, méér invloed hê; en meer invloed behou.

Die tydsgees waarin ons leef druk ons almal om al die ervarings en geleenthede wat moontlik is en soms onmoontlik is vir ons kinders te gee. Vakansies; sokkerwedstryde; Loftus; instrumente aanleer; kore sing; plekke besoek; vertonings; Groot in huis klankstelsels, DSTV, digitale TV, iPods, ens. ens.

RESULTAAT volgens Andy Stanley (Parental Guidance) = Ervaring-ryk kinders MAAR verhoudings-arm kinders

NB Die heel beste wat jy vir jou kind kán gee is om verhouding-ryk te wees.

In God se Woord is so baie oor die 3 verhoudings

1. VERHOUDING MET GOD - Ps. 37:
:3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.
:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
:5 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

2. VERHOUDING MET OUERS - Efes 6
:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

NB Nie kontrole, hulle is nie pionne nie maar beïnvloed hulle om die Here, die Heer in hul lewens te maak...

3. VERHOUDING MET ANDER MENSE – Veral die “NB-ander” mense buite jou huis.
Spr 13:20 Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.

Effektiewe ouerskap (def.)

om my kind se verhoudings te beïnvloed :

  • met GOD;
  • met ONS;
  • met wyse ANDER mense....

Verhouding met God

Ek dink as daar 1 ding is wat ons almal vir ons kinders wil hê:
 - Aan God verbind wees > in verhouding met Hom ....

Is jou eie verhouding met God regtig vir jou NB...?
Waarskynlik gelyk aan > Hoe NB jou kind se verhouding met God is
Daar’s baie ouers wat dink dis maar een van die baie goed in jou kind se lewe soos bv dis
NB dat hulle geballanseerd groot word. Bietjie ballet, netbal, akademie, dramalesse en bietjie godsdiens ook.... Dit sal hulle goed afrond.... Sulke ouers stuur dikwels hulle kinders jeugselle toe en verskaf vervoer kerk toe.... Sjoe  Groot inset....!!!!

NB konklusie : verhouding met God is nie ’n prioriteit nie MAAR dis dié NBste van alles.
> Niemand het meer potensiaal om hulle te beïnvloed as ons... want ons is hul ouers...!!!

NB Niemand kan hul meer beïnvloed van hoe hulle God sien as hul ouers nie.
NB Niemand kan hul meer beïnvloed van hoe hulle God dien as hul ouers nie.
NB Niemand kan hul meer beïnvloed om God gekonnekteer te wees as hul ouers nie.

> Hulle sien God 1ste deur ons verhouding met Hom en deur hul verhouding met ons.

Waarheid = Jy sal hul beïnvloed na een van 2 kante toe. Waarmee is ons besig, ouers...???

NB Ons moet sekere goed aanleer en sekere goed afleer om ons kinders na God toe te beïnvloed.
• Hulle moet geestelike groei by ons kan beleef....
• As hulle kan sê:
  “My Pa + Ma het nooit gelees en gebid nie, maar nou...” = betekenisvol vir hulle
  “Kerk het nie ’n rol gespeel nie, maar nou”;
  "My Pa + Ma het my nie alles kon gee wat ander kinders se ouers gegee het nie, maar hulle het Jesus vir my gewys”

Die Bybel sê só... God het Sy kinders vir ons geleen om hulle van Hom te leer en aan Hom bloot te stel...

> Niemand het meer potensiaal om jou kinders te beïnvloed as jy nie..

3 vrae
1) Hoe belangrik is hul verhouding met God vir jou?

2) Waar is hulle nou...?
• Wat weet jy van hulle...?

3) Hoe kan ek hulle help om die volgende stap te neem?
• Voorbeelde
i. Op strategiese momente NB insette > In SY twyfel/vrees/alleenheid saam bid
ii. Jou eie skuld belei...
• Raak self ernstig met God en met Sy kerk; gee self die groei-stappe in jou eie verhouding met God
• “Vrae eers: Waar is ek? + in my lewe, wat is die vlge stap”
• Dit geld vir oupas en pa’s... met tieners of klein kindertjies...
• Ek kan nie iets van hulle verwag wat hulle nie in my kan sien nie...

NB Moenie in gat val dat dit té laat is vir jou nie...

NB Begin dadelik.... Nie met reëls afdwing nie maar met beïnvloeding deur voorbeeld.

☻ Doen enigiets om hul te beïnvloed. Alles...!!! Dis baie moeilik, MAAR dis baie NB
☻ Baie harde werk. Sit alles in... in jou eie verhouding met God....

Dís effektiewe ouer wees.

 

Tags

Ontvang nuus

Syndicate content

Bemark NGV web

Share this