Grense - Deel 3 (preek aantekenige)
Waar ontmoet jy graag vir God….? Jou spesiaalste manier en plek van luister na Sy stem.
NCD = Veelkleurigheid van God (3 kleure / beelde)
Vader – Skepper / skepping / kennis / wysheid - Spritualiteit = verstaan
Seun – Verlosser / kruis / verbintenis / doen - Spritualiteit = aktief - doen en dien
HG – Pinkster / krag / gawes / beleef - Spritualiteit = gebed en beleef - mediteer
Watter een is die naaste aan jou hart?
Watter een hoor jy God die maklikste…? Soms 2..
Op watter manier praat jy die maklikste met God…?
Dit is die oorsaak van baie grense tussen gelowiges…. Ook in Villieria
Joh 4:19-26
- Ons voorouers = ons identiteit; dís ons manier; dís reg….; “álmal maak so…”; So hoor ons God en só praat ons met God en op dié en dié plek en manier aanbid ons… en bid ons…
à Op hierdie berg – Deut 12 – plek sonder om te spesifiseer;
§ Samaritane – Geresim naby die put van Jakob en die plek waar Isak amper geoffer is
§ Jode – Jerusalem – Sion
§ Verskillende tradisies verabsoluteer die plekke
- Ons – julle (Vrou en Jesus) = grense- Jesus – v.22; vrou – v.20
V Groeperinge – ons-hulle… Grens waarmee ons almal sukkel
V Nóú – Jesus: “Gees en in waarheid” stap oor die grense tussen mense…
- Aanbid sonder om te weet wat julle aanbid… - Hul tradisies het groter en belangriker as God geword…
V Só besig met baie goed, soos Marta, so besig met huishou dat sy Jesus gemis het…
V Is Jesus die middelpunt of is ander goeters grense wat Hom uithou…?
- Daar kom ‘n tyd, dis nóú à Jesus stap oor die tyd-grens. Die tyd is nóú…
§ Hy kon ook sê: “Die tyd vir kultuur-godsdiens is verby; ons is oor die grens”
§ Pinkstertyd is grensoorsteek-tyd…
§ Die vrou het ook die Messias verwag… Gewag vir iets om te gebeur… Die jode wag nou nog…
§ Wagtyd is verby… “Dit is Ek, Ek wat met jou praat…”
V Wag jy nog vir iets om te gebeur voor jy met sekerheid sal leef; In aksie sal kom; Sal begin getuig… è Kom oor die grens… !!!
V Ons vier pinkster…!!! Ons wag nie vir Pinkster nie…
- Aanbid in Gees en in Waarheid à Verby die grense van:
§ Plek-grense – ons plek is beter,
§ Styl-grense – ons manier is beter,
§ Taal-grense – aanbidding word verryk as taalgrense nie verhef word nie… (herhaal) Miskien is dit jou grens….
V Ons aanbid nou die Waarheid…. God….
o Nie tradisies nie…
o Nie die Bybel nie…
o Nie gebed nie…
o Kom oor die grens: In Gees en in Waarheid = Om God te aanbid
o Sonder ander motiewe of bybedoelings
o Jesus sit aanbidding in ‘n totaal nuwe raam… Nie Joodse óf Samaritaanse raam nie.
V Heilige Gees maak jou poging - aanbidding + Hy lei in die Waarheid…
V Hy gee begrip; Hy pleit en bid vir ons…
V Hy maak enige plek ‘n tempel; enige stem ‘n lofsang; enige hart ‘n dankoffer…
V Waarheid gaan oor die hart van die bidder….
V “Hie neffens my sit God…”
- Die samaritaanse vrou verwag ook die Messias – merkwaardig; sonder al die joodse rabbis en fariseers en joodse feeste… Het sy Jesus verwag… Die Jode sou dit nie glo nie…
§ Dit was anderkant hulle denkgrense
§ Hoeveel sulke denkgrense het ons nie ander mense nie. Hulle….!!!???
- Jesus = God – “Ek is…” 17 X in Johannes. Jesus se ID = (brood….; lig….; weg….; waarheid….; lewe….; koning….; wingerdstok….; Seun van God….;
V Kom oor enige grens wat iets anders soek….; of iets anders verwag…. of na najaag…
Een van die heel moeilikste grense is ook die gevaarlikste grens vir die koms van Jesus se Koninkryk is die grens van aanbiddingsstyle… - Spiritualiteit
· Persoonlikheid; identiteit; tradisies; emosies – vorm dit …
· 3 kleure – God verklaar dit…
· NB om dit te weet…
Verskillende aanbiddings style
- DVD’s (demonstreer 3 "sing" style)
- Watter een is die beste…? Wat is reg + verkeerd…? = verkeerde vrae
- Waar sit God ? – “hie nefens jou…”
Spiritualiteit
- Ons kyk na dieselfde Bybel en sien verskillende goed raak - élke christelike kerk wêreldwyd het sy teksste…
- Luister na dieselfde stem maar hoor verskillende aksente…
Wat speel ‘n rol elke mens, ook jou, spiritualiteit?
- Voorouers
- Plek (gewoonte)
- Persoonlikheid
- Lewensfase
- Blootstelling en ervaring
Waar lê die grense in Villieria…?
- Ou gemeente en die gemeente soos dit nou is
- Aanbiddingstyle : Oggenddiens en aanddiens
- Liedere: Psalms en gesange teenoor ander liedere
- Orrel en orkes
- Bidders en doeners
- Intellektuele verstaan teenoor “verstaan met hart”
- 3 kleure van God
Grense bestaan in ons gemeente en in ons koppe oor ander in ons gemeente…
Kom oor dit:
- Herken dit
- Erken jou grense
- Stap saam met Jesus daaroor
- Add new comment
- 424 reads
Tags