Grense - Deel 1
Grense – afskop
GRENSE: Stap saam met Jesus oor grense – Joh 4
Hoeveel keer het jy al gesê:
- Dit kan nie…; ek kan nie…! En só grense daar gestel
- Dit sal nooit nie…!
- Mens maak nie só nie… (ons is nie gewoond daaraan nie)
- Nie hy nie…. of nie hulle nie… !
- Hulle is álmal só of só …
- OF God wil nie; sal nie… OF God kan nie…
Grense…!!! Grense tussen mense … Grense in mense se koppe… Vir die volgende 40 dae (6 weke) gaan ons by die grense in ons persoonlik en in ons gemeente stilstaan en daaroor bid en dink én daaraan werk….
- Ons kan die grense in stand hou soos ons almal graag doen… (selfs in die tyd…!?)
- Ons kan mekaar dophou om binne ons grense te bly soos die Fariseërs graag gedoen het;
- Ons kan ander buite ons eie grense hou soos die Jode gedoen het
OF ons kan oor die grense stap soos Jesus gemaak het….!!!
Terugskou: Markus : Jesus in Kapernaum - Beroering - Hy tree oor grense – sabbat; genesing; vergewe sondes Rehan : Josua en Kaleb en die grens…. Grenswyering kos hulle 40 jaar in die woestyn (preke is beskikbaar op ons webblad – ngv.co.za)
6 weke van grens inspeksie…
- Watter grense is daar in en om ons?
- Watter van die grense staan in God se pad…
- Grens sensitief - oop oë en oop ore…
- Skuif van hekwagters (Fariseërs) wat grense patrolleer skuif na toergidse vir mekaar… wat mekaar met ons grense help Joh 4:1-6 :1 Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. — :2 Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. — :3 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. :4 Hy moes deur Samaria gaan. :5 Hy kom toe by ‘n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. :6 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
Stryd tussen godsdiens-groepe is nog altyd daar. Grense tussen christene
Doop – grens toe en nou…
- Jesus en Johannes word rabbi’s genoem…!!!
- Jesus se dissipels doop … Daar ontstaan ‘n stryery…
- Vandag nog bring die doop grense tussen mense… !!?? Só goed bedoel en tog…!!??
Fariseërs = godsdienstig-konserwatief – 2de eeu vC ontstaan – Makabeër tyd
- Godsdienstige jaloesie = grens
- Godsdienstige hoogmoed = grens
- Godsdienstig eksklusief = grens
- Godsdienstige grense is een van die sterkste wapens van die Satan… nou nog.
- Dít het tot Jesus se veroordeling gelei… - Vandag nog…
- Die grense tussen christene kort dringend ons aandag…!!!
- Watter grense is daar tussen ons en ander christene wat God se Koninkryk inperk?
- Wat gaan ons daaraan doen…? Hierdie week al dáároor dink…
Die Samaritane – deel van Israel se geskiedenis
- Ontstaan uit ondertrouery met veral die Assiriërs
- Vermenging van kulture – Lastige kultuur-grense
- Godsdiensbenaderings = grens – glo net die 1ste 5 boeke = Onsuiwer !!!
- Die verskille het grense geword….
NB Jesus kyk by die verskille verby .. Hy sien die mens …
- Sy hantering van die kultuur grens = NB model
- Deur eeue sukkel mense met kultuur grense… Ons ook…
- Dit is één van die grense waar ons toergidse nodig het… Mekaar moet help…
Samaria word vermy normale… Daar is ‘n ompad na Galilea toe… Langs die Jordaan op.
- Jesus gaan déúr Samaria – teen die algemene gewoontes in…
- V.9 "Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie."
- “Immers” = die normale gewoonte; die kultuur is so; “almal maak so”
- Jesus gaan oor die “almal maak so” - grens
Almal vermy Samaria…; Jesus gaan deur….; - God ontmoet ‘n mens, ál is sy ‘n vrou, ‘n “slegte” vrou… en Hy red ‘n dorp… - Hoe maklik is die “almal maak so” nie ons verskoning vir gehoorsaamheid nie…!? Ons kruip agter die “ALMAL”-grens wegkruip. Kom uit en stap saam met Jesus daaroor…
Vermy en ontduik
- Die "6 de uur se besoek aan die put", ons 12 uur, was ‘n mense-vermy-grens …
- Die normale was om vroeg en laat te gaan water haal. Die vrou was skaam en vermy kontak; en gaan 12 uur.
- Haar sondige lewe was 'n grens tussen haar en die ander vroue van die dorp.
- Jesus se vergifnis laat haar met vrymoedigheid die dorp in die oë kyk.
- Hoeveel vermy- en ontduik-grense is daar in jou lewe…
Jesus wil jou só heel maak dat jy met vrymoedigheid saam met Hom sal oorstap en die wêreld in die oë sal kan kyk…
Broosheid : grens of geleentheid
- Jesus was in meer as een opsig broos daar by die put
- Moeg
- In verkeerde land
- Dors
- Gestrand sonder die nodige om water te kan skep.
- Sy broosheid word nie ‘n grens nie maar ‘n deur…·
- Hoe hanteer ons broosheid…?
- Hoeveel geleenthede mis ons nie…?
- Jesus vra hulp….!!!? Hoe moeilik is dit nie veral vir ons manne…. Grense, in en om ons … Daar is baie meer as wat jy nou aan kan dink… Maak oë oop en ore oop en vertrou die HG.
Grense-beginsels
- Waardes : (boekie bl.16)
- Grens-sensitief
- elke kontak ‘n geleentheid om Jesus in ander te ontmoet
- toergidse vir mekaar
- God se oorvloed en groei is dikwels om grense oor te steek…
Getuienisse v grense Raak saam opgewonde oor God wat oor grense stap
- Danie Richards; Bybelstudie en die boemelaar (Jesus in die vreemdeling; SOSIO-EKON grens)
- Tannie Gertie Nagel; suster; man; kind en kleinkind in net meer as ‘n jaar oorlede (AANVAARDING)
- Foster: familietwis en skeuring (BEPERK God; klein God)
- Lidia – tydskrif –getuienis - Vrou met depressie – 40dae doen; speel, gee iets vir iemand, kuier, koffie-afspraak gemaak, besoek, ens)
Dié 40 dae voor ons kan een van die mees dinamiese groei tydperke in jou lewe wees. Jesus was moeg van die reis; dit was 12 uur die middag… daar was net ‘n twyfelagtige vrou….
- Hy het by Jakob se put gaan sit
- Hy het water gekry en lewende water uitgedeel…
Hoe moeg is jy…? Hoe warm of dalk koud is dit in jou lewe…? By God se Put is oorvloed en kan jy oor grense stap… Geniet die 40 dae!!!
- Add new comment
- 324 reads