Paaspleisters 2 - Nuwe denke
Jes. 53:5
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Paasfees = God se pleister vir die wêreldse wonde
Vir jou wonde
én vir
ander
se wonde....
PAASPLEISTER 1 was SELFBEHEERSING
Joh. 5
“Wil jy gesond word?”
- Hy vra weer vir jou: Wil jý genees word....? Wil jý REGTIG genees word....?
Selfbeheer = Jesus-beheer
Ps. 37:5 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
· Is nié net terugstaan en die deur oop los vir enigiets om beheer oor te vat nie.... Dis ’n bewustelike oorgawe; beheer oorgee van jou hele lewe in die Hande met die spykermerke in.... Báie spesifiek en doelbewus...
PAASPLEISTER 1 = SELFBEHEERSING dis VAT + OORGEE
****************************************************************************
Paaspleister 2 = NUWE DENKE
3 kernteksgedeeltes oor DENKE
- Rom 12:2 - laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
§ Verandering MOET gebeur.... As jy verandering in jou teëstaan = teenstand teen God
§ God wat verandering bring
§ Jy moet oorgee.... “laat”
§ Die slagveld / plek waar gewen of verloor word, is ons DENKE
2. Spr. 4:23 - Wees veral versigtig met wat in jou hart (gedagtes) omgaan, want dít bepaal jou hele lewe.
§ Dít bepaal jou HELE lewe...!!! Wie jy is en hoe jy leef en hoe jy die lewe beleef... Word bepaal deur HOE jy dink...
ON-beheerde gedagtes vs. SELF-beheer
§ Waarskuwing...!!! Wees VERAL versigtig... Hy sonder dít uit as NB
§ ÍN jou gedagtes is net wat jý daar toelaat....
§ Voëls kan oor jou vlieg ... jý bepaal of hulle kom nes-maak
3. 2 Kor. 10:5 - Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Paulus se persoonlike stryd:
§ Beheer oor jou eie gedagtes is JÓÚ verantwoordelikheid.
§ Christus is jou merker.... Kry jou gedagtes in lyn met Hom
§ Élke gedagte in lyn kry....
§ NB - Gemors in = gemors uit....!!!
Rick Warren sê daar is 5 goed waarteen die Bybel ons GEDAGTES waarsku...
Beskerm jou gedagtes teen:
1. ONWAARHEDE
· Slegs 100% waarheid = waarheid..... Waaraan is jy gewoond....? Wat is goed genoeg vir jou....?
Byvoorbeeld
· Bybelse waarhede word verskriklik verdraai en misbruik.... moenie slagoffer word van teologieë nie.... Verdraaiings en valshede...!!!
· Gesondheid - kry die waarheid.... Nié onbeheerde gedagtes.... “Ou vrou-stories.....”, ens.
· Roomers – die wêreld val daarvoor... Óns kan daarteen staan....
· Ontmasker leuens voor dit nesskrop in jou kop...
2. VERSOEKINGS
· Jy moet hardhandig en baie beslis wees met versoekings in jou lewe....
Wat is jóu versoekings....? Jy moet dit ken.... è Veg dít
· Manne = "Gold, Girls, Glory"
· Wat is jóu versoekings....?
Wen dit deur:
- Gebed
- Buddie – accountable aan iemand....
- Bybelse wapens – swaard
- “Journal” jou oorwinningspad
3. OPGEMAAKTE belewenisse
· Opgemaakte geloofsgoed.
· Gal 1:6-8 Selfs al vertel ’n engel vir jou goeters moenie verward word nie....
o Mense, christene is slagoffers van geestelike gadgets.... truuks....
o Die Bybel is baie duidelik oor wat is egte godsdiens... nie kerkgebruikies en persoonlike style nie.... Nie eers offers nie en niks wat mensgemaak is nie....
o SIF wat persoonlike en opgemaak is uit van wat KERN is....
o barmhartigheid en liefde – Jak 1:27
o Hou jou kop; jou denke skoon
4. TROTS
· God haat selfverheffing – Hy roei dit uit....
· Ussia – baie gehoorsaam aan die Here.... tot op ’n dag
2 Kron 26:16 Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. - Melaatsheid
· Trots bring oordeel oor ander in jou hart.... = gruwel vir God
- Is jy geneig om ander te oordeel....
- Beskerm jou gedagtes teen TROTS
5. GEJAAGDHEID
2 kante:
· Oorwerk = gedagte-beheer lei skade
· Ledigheid = anderkant - duiwel se speelplek
· Wat is jóu probleem....?
o Oorjaag; opgetens; kalmeer....
- kom tot rus....
- maak ’n breek.... Moenie eers te vêr gaan nie....
- kom onder beheer en gee dit dan oor....
Kyk na die 5 plekke waar ons gedagtes maklik verdwaal....
Bybelse voorbeelde
Gen 6:5 Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink,
:6 was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep gegrief.
Van die begin af VERKEERDE; – denke
Ps. 4:5 As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela
Moontlikheid om anders te dink
Ps. 63:6 (63:7) As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek:
:7 (63:8) U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
:8 (63:9) Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.
Vervang sy bang gedagtes met gedagtes oor God....
Mar 8:33 Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.”
Verkeerde denke .... --- dink wat wil God
Joh 16:2 Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
:3 En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
Verkeerde denke .... - Groepe mense se denke kan totaal verdwaal
***********************************************************************************
Positiewe / regte denke .... = Wat God wil
Rom 12:1 En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.
:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
:3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
Rom 15:1 Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie:
:2 elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou.
2Pet 3:1 Geliefdes, dit is al die tweede brief wat ek aan julle skrywe. In albei het ek geprobeer om julle weer helder te laat dink ....
VANDAG - Wil jý genees word....?
PAASPLEISTER 2 = Nuwe denke
- Genesing.... Fisies... Verhoudings.... Lewens....
- Al weet jy alles maar dink nie nuut en beheer nie jou gedagtes nie - help alles niks....!!!
Waar het jý ’n pleister nodig....?
Plak jou pleister waar jy hom kan sien wanneer en waar jy jóu DENKE-pleisters die meeste nodig het
o TV
o Motorspieëltjie
o Selfoon....
- Add new comment
- 138 reads
Tags